Hoekom bedel my hond?

Bedel aan tafel. Dis volgens baie honde eienaars een van die dinge wat hulle die irriterendste aan hulle hond vind – die feit dat hy of sy bedel vir kos terwyl daar kos in die bak is. Hoekom doen honde dit?

Daar is verskeie menings waarom diere dit doen, maar waarskynlik die heel laaste rede is dat die hond jou wil domineer. Manipuleer ‘n kind jou as sy iets lekkers wil hê om te eet? ‘n Goeie rede waarop ek afgekom het (kan helaas nie eksperimenteer nie, want ek het op die oomblik nie my eie hond nie), en dit klink half banaal, is dat die hond graag ‘n verskeidenheid van kos eet. ‘n Gesonde hond sal plein alles eet wat op haar pad kom (pasop vir kos wat giftig is vir honde soos knoffel, druiwe en sjokelade!). Honde se reuksintuig is ook duisende maal beter as ‘n mens s’n, en iets wat lekker ruik sal dadelik vir Kaptein laat nader sit (tensy jy ‘n hond het soos my tannie se poedel wat sy moet smeek om te eet – in die minderheid). Maar meeste eienaars gee hulle honde dag in, dag uit dieselfde hondeblokke, soms met sous, soms sonder sous. En dan tussendeur, en dis waar die probleem volgens my dan sy kop uit steek, soms iets van die tafel, want shame, hy eet net blokkies en kyk hoe oulik lyk hy as hy bedel… En voila, daar sit julle met gedrag wat die eerste dag oulik lyk, maar meestal die hel uit jou irriteer. Honde wat by mense bly ontvang ook meestal nie naastenby die fisiese stimulasie wat hulle moet kry as hulle bv. aangewese is op hulself om kos te vang nie. Die hond pas heeldag huis op, jy kom in die aand by die huis, en die logieste ding om jou mee te assosieer is kos!

Hoe los mens dit op?
As dit vir jou te veel is dat Kaptein langs jou stoel sit en bedel terwyl jy eet, moet hy nie daar wees terwyl jy eet nie. ‘n Hond kan geleer word om te gaan lê op sy bed terwyl julle eet, of net daar stil te lê (maar ek vind dit effens wreed met al die lekker dinge wat hy kan ruik en niks mag kry nie). Gee vir haar ‘n kou-ding om haar mee besig te hou terwyl julle eet – een van daai koubene of ‘n speelding. Honde hou van roetine, en jy kan kies om haar kos te gee terwyl julle eet (hondekos gemeng met “mens kos” of tuisgemaakte kos). Dan moet sy wel geignoreer word as sy vinniger as julle eet, en dan tog by die tafel kom sit en bedel! Varieer jou hond se dieet! Natuurlik is dit maklik om die bak net vol te gooi met blokkies, maar vir ‘n dier wat 220 miljoen reuk reseptors het (i.v. met die mens wat net 5 miljoen het), is dit eintlik ‘n skande.

Wat jy definitief NIE moet doen as jou hond bedel nie nie:
- Moenie ingee nie; weens konsekwent in jou aanpak. Nee bly nee.
- Moet nie op die hond skree nie – aandag is aandag, en sal die gedrag net bevestig.
- Moet nie die hond straf deur die hond te slaan nie. Al wat dit reg kry is om die die vertrouensband tussen julle te breek en selfs aggressie te kweek.

As jy nie omgee dat Oortjies bedel nie, moet jy ook oppas dat sy nie soos arme Obie word nie – ‘n worshond wat 35 kg i.p.v. 18 kg geweeg het toe hy gered is – omdat sy eienaars nie kon nee sê nie (oor oorgewig by honde en katte skryf ek volgende).

Ek sal graag wil hoor van ander mense se ervarings oor hoe mense hulle honde kry om nie te bedel nie (en ek hoop nie dis van die goed wat ek gelys het wat mens nie moet doen nie!).

This entry was posted in diereraad, Honde and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Hoekom bedel my hond?

  1. Jan Twak sê:

    My vrou se kookkuns is van so ‘n aard dat ek by die hond bedel.

  2. karen sê:

    Ja nee kyk, Jan Twak, as jou vrou jou kommentaar moet lees … ;)

Wat dink jy hiervan?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s