Brandsiek II

Na aanleiding van Seegogga se kommentaar op Brandsiek, hier ‘n opvolg…

Die ander algemene myt wat ‘n soortgelyke siekte (Demodex – Afrikaans?) op die velle van honde veroorsaak is Demodex canis. Die myt woon hoofsaaklik in haar- en kliersakkies op die vel. Alhoewel altwee (Sarcoptes en Demodex) beide algemeen by honde voorkom en ongeveer dieselfde simptome het (haarverlies, swere, korste op die vel), is die sistemiese vorm (beteken die hele lyf is geaffekteer) van Demodex baie taaier om te behandel as die van Sacroptes scabei. Dit kan tot 12 maande vat om ontslae te raak van hierdie myt, maar gemiddeld vier tot vyf maande. Vatbaarheid vir hierdie tipe brandsiek is geneties oordraagbaar as dit by jong honde vasgestel is, en sulke honde kan nie vir teeldoeleindes gebruik word nie (help niks as dit rondloper honde is nie!). Eers word die gesig en pote geaffekteer, en dan die res van die lyf.

By hierdie siekte is die onvermoë van die immuunstelsel om die siekte te beveg geneties bepaal (aangebore), wat die terapie bemoeilik en die uitkoms baie onseker maak. Gewoonlik kom op alle honde (en katte) so paar van hierdie myte natuurlik voor, maar die faktore van ‘n swak immuunstelsel tesame met ‘n slegte diëet (op plekke waar sleg na diere gekyk word of hulle nie toegang het tot goeie kos nie), kan ‘n bose kringloop tot gevolg hê. Die siekte vat lank om te genees, indien moontlik, en kos baie geld en tyd. Daar is geen waarborg op sukses nie, en dis waarom sulke honde meestal uitgesit word.

Anders as Sacroptes scabei het Demodox ‘n lae zoonotiese potensiaal, m.a.w. dat ‘n mens aangesteek word deur ‘n hond kom uiters selde voor. Maar ook by Sacroptes scabei moet die mens in gedurige kontak met die dier kom, wat heeltemal voorstelbaar is in gemeenskappe waar brandsiek honde orals rondloop en slaap.

Hier is foto’s van die twee. Links Sarcoptes (wyfies 0.25–0.35 mm breed and 0.30–0.45 mm lank, mannetjies helfte) en regs Demodex (tot 0.4 mm lank).

About these ads

4 thoughts on “Brandsiek II

Wat dink jy hiervan?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s