Vegetariese braai

Volgende naweek die tyd is ek in sonnige Suid-Afrika (tik ek nou, terwyl die sneeu buite val…). Ek is dan oppad na ‘n braai saam my skoolvriende (van hulle ken ek al 30 jaar!), en het die lekkerste vegetariese braai goodies in my kar, want ek wil dit duidelik maak – vegetaries wees is heerlik, bevrydend, gesond, en braai gaan oor meer as die grootste bloubulsteak wat jy by die slaghuis kan koop.
As daai braai rein vegetaries was, sou ons so geëet het:
Waatlemoen en fetaslaai saam vars klein spinasieblaartjies vir groen, en bietjie basilika room vir skop. Mens kan dit ook op stokkies sit, dan hoef niemand ‘n bord te hê nie.
Of dalk hierdie slaai as mens meer lyf nodig het: boontjie slaai met feta en olywe.
‘n Varsgebakte brood (sommer van daai deeg wat mens by die kafee koop), saam lekker interessante konfyt.
En die hoogtepunt van die braai – heerlike sosaties, met die volgende op: uie, sampioene, soetrissie, haloumi kaas, ‘n sagte gedroogde perske en dalk ‘n worsie van Fry’s. Dit word verkieslik die vorige dag al in ‘n marinade gelê, dalk iets met olyfolie, heuning, balsamiese asyn, … Moet nog bietjie dink die week (verkieslik eers na my eksamen Maandag!) Die triek is natuurlik om dit oor LAE hitte en STADIG te braai.

Wie het dan nog vleis nodig??

ps. die blog (waarvoor ek geen tyd het nie, want ek moet swot, dammit), is na aanleiding van Toortsie se blog (wat my uit die swot hou ;) ) oor “soekenjinaanwysers”, waar ek sien dat baie mense op my blog land as hulle vegetariese resepte soek. Ek moet meer resepte opsit!

This entry was posted in vegetariese resepte and tagged , . Bookmark the permalink.

18 Responses to Vegetariese braai

  1. Toortsie says:

    Geniet jou vegetariese braai! Sonder om snaaks te wees wonder ek altyd, dat as jy dan so niks van vleis hou nie, hoekom dan nagemaakte wors of maalvleis eet? O ja, net vir die rekord, ek het verlede jaar dit reggekry om vir 5 weke rooivleisloos te eet. Eintlik beteken dit amper vleisloos.

  2. karen says:

    Hahaha, amper vleisloos. Tja, moet sê as ek moes kies tussen rooivleis en hoender, dan eet ek rooivleis – hoenders ly baie meer as vleisbeeste! Hoekom probeer jy nie vyf weke totaal vleisloos nie? Ek dare jou …
    Oor die nagemaakte vleis – dit gaan baie minder daaroor of dit soos vleis lyk of nie as wat dit ook ‘n bron van proteïne is. Dit word gemaak van soja, gis of fungi en dit is ‘n gesonde bron van nie-vleis proteïen. Mens moet bietjie uit te boks dink ook – net omdat wors ‘n handige manier is om iets te verpak bedoel dit nie niemand anders mag dit doen, of oor “maalvleis” ‘n seker konsistensie aan ‘n gereg gee, beteken nie dis slegs gereserveer vir vleisbobotie nie.

  3. karen says:

    EN, dalk oorreed dit eenmaal ‘n vleiseter om iets anders as vleis braai toe te vat! Die is dan so verbaas dat die lekker proe, oortuig met sy of haar daad nog ‘n paar mense om vegetaries te eet, en siedaar – die hele suid-afrika is bevry van vleis eet en doen daarby iets vir hulle gesondheid en vir die natuur!

  4. murphy says:

    Karen, ek het lank vegetaries gelewe, en glo my, hier in die Vrystaat is hoeder mos groente, so dit was moeilik. Selfs groot kettingwinkels hier hou nie regtig vegetariese goed aan nie, omdat dit nie verkoop nie.

    Maar Fry’s het my baie gehelp! Ek is seker nou al so ses maande nie meer vegetaries nie, maar hunker eintlik wer daarna, dis deel van my natural state of being.

    • karen says:

      Ag nee man Murphy, hoe kan jy slaap in die nag? Grap net, soortvan. Kan nooit verstaan as mens eers anderpad gegaan het, hoe mens weer vleis oor jou lippe kry nie. Anyway … Fry’s is inderdaad ‘n silwer rand om ‘n donker wolk. Maar mens hoef nie staat te maak op sulke produkte nie. Heel mielies op die vuur met bietjie olyfolie, of soetrissie met lekker kaas in gesmelt, en jy natuurlik jou eie veggie- burgers maak :) Komaan, probeer weer – dit het jou seker goed gedoen, of? (hoekom het jy opgehou?).

      • murphy says:

        Ek het ‘n geweldige ystertekort gehad, my hemoglobinetelling het tot by 7 geval. Dit was net in daardie stadium makliker om vleis te eet en ysterpille te drink. Ek dink ek het sloppy geraak en nie gesorg dat ek die regte ysterinname in my groente inkry nie.
        Ek is weer op pad om die ommeswaai te maak,, want wat ek moet bysê, is dat ek op my beste gevoel, gelyk en gefunksioneer het in die tyd wat ek dit reg gedoen het.

      • murphy says:

        Ek wil net se dat die ystertekort nie as suiwer as gevolg van my vegetariese leefwyse was nie, dit was ‘n kombinasie van ander goed ook, maar die oplossing was om korttermyn weer vleis te eet.

  5. karen says:

    Mmmm, ek verstaan. Ek is of gelukkig of ek doen dit reg – geen ysterprobleme nie. Maar dit is een van die trieks van vegetaries eet, ne? My volgende doel is vegaan eet, en ek’s meestal daar as dit nie vir die kaas was nie. Eintlik nie alle kaas nie, meeste kan ek afsweer, maar ‘n lekker sterk gorgonzola of rochefort – het nog nie sy vegetariese gelyke gevind nie.
    Wel, ek hoop jy probeer weer, en ek hoop dit werk vir jou uit – vir die diere se onthalwe. Gaan jou blog volg tot ek daai stukkie lees dat jy dit reggekry het ;)

  6. Toortsie says:

    Van bobotie gepraat. Ek dink dis n lensiebobotie resep wat ek het. Het nie daarvan gehou nie. Maar lensie en rysslaai is heerlik. Nie mal oor geblikte lensies

  7. karen says:

    Oe, jy moet dat my man vir jou lensiebototie maak. Was heeeeeerlik.

    Moet net gou my twee sent insit oor vleisloos eet en yster … As mens GEBALANSEERD eet sonder vleis, is ‘n ystertekort eenvoudig nie moontlik nie. Vrouens het gemiddeld 18 mg per dag nodig (swanger vrouens meer ens.), en groente, peule en ontbytkos bevat oor as genoeg yster om tot daardie getal op te maak. Wat belangrik is, is wat mens saam jou “proteïenbron” inneem, bv. vit. C verhoog die opname van yster baie. Dan kan dit ook wees dat jou liggaam yster net eenvoudig sleg opneem, nie dat jy te min inkry nie. Belangrik is om nie ‘n ysteraanvulling te neem net omdat jy dink jy het ‘n tekort nie – te veel yster kan meer skade aanrig as te min! (mens moet dit deur ‘n dokter laat toets, soos jy seker gedoen het, Toortsie. Ek praat met die ander mense wat hopelik hierdie antwoord lees – dink ek moet apart daaroor blog). Ek drink ook elke dag vit. B (Supradin) – dit is nodig vir die produksie van rooibloedliggaampies. So, ek wil nie op tone trap nie, maar ‘n ystertekort is nie so eenvoudige ding nie, en ek raak kriewelrig as mense dit as verskoning gebruik sodat hulle kan aanhou vleis eet …

  8. Jan Twak says:

    Vegatariër = Ou Indiaanse woord vir ‘n swak jagter…

    Wag ek loop weer.

  9. karen says:

    kyk jan twak … as ons almal nog moes jag vir kos, sou die mens darem ook nou en dan tweede gekom het. deesdae kom net die diere tweede, en eintlik baie ver tweede. dit gaan nog ook weer verander. daar was eens apartheid en vroue het nie stemreg gehad nie … toe, loop maar en wees ‘n “chicken” wat nie wil opstaan vir ander soogdiere wat nie ‘n stem het nie, want dit laat jou ongemaklik.

  10. Toortsie says:

    My dogter is onder drs behandeling. Die hoofrede hoekom ek vleis eet is dat ek daarvan hou. Verder is dit ons produk wat ons produseer en ek wil graag hê ander moet ons produk gebruik. Dis ook die kos wat ons gesin daagliks gebruik. Ek voel geensins skaam daaroor nie.

  11. karen says:

    Ek het nie ophou vleis eet omdat dit nie meer vir my lekker was op sigself nie. Ek het opgehou, juis daaroor dat mense diere met gevoelens en behoeftes as “produkte” sien, soos jyself sê. Ek stem net nie meer saam met daardie siening nie. Ek het al gesê julle kyk sekerlik goed na julle diere, maar my protes is dat meeste mense glad nie meer besef waar hulle vleis vandaan kom nie. Dit moet net lekker en goedkoop wees. Dis lewende wesens waarvan mens daar praat!! So, skuus as dit lyk of ek op jou tone trap, maar ek voel vreeslik sterk daaroor (soos jy oor geloof dink) dat mense diere deesdae (en in die verlede, maar op ander maniere) verkeerd behandel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s