Vir vier mense, bedien saam een of ander lekker brood.
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels dennepitte
400 g groenbone, gehalveer
1 huisie knoffel, gepars
omtrent 450 g kleinerige tamaties (weet nie wat julle het wat net groter is as kersie nie, anders is kersietamaties seker nie sleg nie)
60 g ontpitte swart olywe
300 g blik rooi bone (kidney beans), gespoel en gedreineer
2 eetlepels droeƫ witwyn (opsioneel)
1 eetlepel suurlemoensap
2 teelepels vars gekapte tiemie
2 teelepels heuning
150 g feta kaas
Verhit olie in ‘n groterige wok, voeg neute by en roerbraai tot bruin, haal dan uit. Sit groenbone en knoffel in wok, roerbraai een minuut. Voeg tamaties, olywe, rooi bone, wyn, sap, tiemie en heuning by, roerbraai tot alles warm. Roer geroosterde neute en kaas by.
Bedien saam ‘n franse stokbrood of lekker rolletjies.
Dit lyk HEERLIK! Het dit nou gedruk, met die idee om beslis te maak. Dankie
hoe was die slaai toe?
Pingback: Vegetariese braai | Swartbelt vir diere